Jy's die produk
van jou verlede
Verwelkomingsbrief
Bekendstellingsbrief van die Tralie Alumni
Bekendstellingsbrief van die Tralie Alumni
Beste Oud-Tralie
Ons almal is die produk van ons verlede.
Daarom weet ons dat om 'n Oud-Tralie te wees het Hoërskool Sentraal 'n onlosmaaklike deel van jou ontwikkeling gevorm, maar ook dat jy 'n onlosmaaklike deel van Hoërskool Sentraal se voortbestaan is.
'n Voldonge feit is dat die Oud-Tralie gemeenskap vir te lank afgeskeep was,maar dit het nou tot 'n einde gekom met die amptelike stigting van die Tralie Alumni. Die tuiste van julle as Oud-Tralies is van nou af verseker om voort te bestaan solank as wat Hoërskool Sentraal bestaan.
Hoërskool Sentraal beleef 'n ongekende oplewing en is sterk oppad om weer een van die top Afrikaans gemengde skole in die land te wees.
Hoërskool Sentraal kan hoegenaamd nie sy doelwit bereik om die top Afrikaans gemengde skool in die land te wees sonder julle as Oud-Tralies se betrokkenheid nie! 'n Skool se sukses is slegs so goed as die betrokkenheid van sy oud leerders.
"What we do in life, echoes in eternity"
-Marcus Aurelius
Tralie till I die
Pieter Muller (Tralie Alumni voorsitter, maar belangriker 'n oud-Tralie)